GOD SE VREDE | |
  |
God se vrede is so diep en so wonderlik dat dit nie gemeet of verduidelik kan word nie. Die wolwe van bekommernis kan dit nie wegsleep en verslind nie, want hulle het geen toegang tot daardie vrede nie. Die wêreldling kan die geheim van hierdie vrede nie verstaan nie, omdat hy geen persoon-like verhouding met die God van vrede het nie. Die toegewyde Christen ken egter die geheim en maak dit sy skuiling. Soos sy Meester kan hy in die “skip” slaap terwyl die storm buite woed! - Oorgeneem |